Eksamentyd is hersieningstyd!
Aandag alle Regmerk.co.za Nuusbrief-lesers. Die Wiskunde eindeksamen is op hande en nou is die tyd om jou kind in graad 7, 8 en/of 9 te help voorberei. Die maklikste manier om dit te doen is om ons Werkkaartpak EEN aan te skaf en om die eindeksamen vraestelle deur te werk. Ons e-boek het 260 bladsye vol werkkaarte met uitgewerkte oefeninge. Ek het die werkkaarte self opgestel en gedruk. Daarna het ek dit met die hand ingevul en letterlik met 'n rooipen gemerk om die nodige stappe te toon. Die pakket sluit TWEE volledige jaar-eind vraestelle in met volle memorandums. Bykans die hele sillabus word gedek, en deur hierdie vraestelle te doen en dan self te merk, kan jou seun/dogter die selfvertroue opbou om gereed te wees vir die eksamen. Besoek gerus http://www.regmerk.co.za/produkte vir meer informasie. Baie sterkte! Groete, Lourens Breytenbach  NS: As jou kind enige probleme ervaar, stuur gerus vir my 'n e-posboodskap by info@regmerk.co.za en ek sal graag raad gee.
|