Agtergrond

Regmerk.co.za is geskep om jou te help om jou kind in graad 7, 8 en 9 se Wiskunde en Engelse punte te verbeter. Ek wil hê dat jou leerder(s) sommer baie goed doen in die senior fase. Hoekom nie? My naam is Lourens Breytenbach. Ek is die eienaar en ontwikkelaar van Regmerk.co.za en Tickmark.co.za
 
Wat sommer net 'n stokperdjie was het nou in 'n besigheid verander. Dit is my missie om kwaliteit Wiskunde en Engelse werkkaarte, vraestelle, en leerblaaie aan leerders en hul opvoeders te verskaf. Ek is al 25 jaar lank 'n onnie en het myself twaalf jaar gelede hier in Roodepoort aan die Wesrand van Gauteng kom vestig. Ek het al die werkkaarte, vraestelle en artikels wat hier beskikbaar is self geskep. 

Baie dankie vir jou belangstelling en ondersteuning. 
 
Groete, 
Lourens Breytenbach
 
Search